THEATRE PRODUCTIONS TO WATCH, IN SUPPORT OF OUR ACTORS :
Dit is die jaar 1745. Die hele Kaap van Goeie Hoop vier fees, want die boer Willem Aarde en sy beskeie bruid, Amélie Bruére, trou! ’n Bruilof beteken ’n erfgenaam… maar met die sluit van die slaapkamerdeur kom Willem en sy bruid van aangesig tot aangesig met onvermydelike, bindende en goddelike plig. Die koning en sy bruid is as beste produksie aangewys by die 2024 Première-fees en en het ook die pryse gewen vir beste teks en beste akteur en beste aktrise in ’n hoofrol.
’n Wrok, sê hulle, is ’n seer ding om te koester. Namas en Boesmans is mos vreedsame mense. Só teken die wit mense hulle op. Hulle baklei nie. Hulle gee af as daar moet afgegee word en hulle vat nie. Soos Hanna het Maria ’n kjeent by God gesmeek en God het gegee. Dawid en Maria is vir Dammas gegee. Op ’n Sondag in 1867 word hulle kamp, Nona-Ams, deur Boesmans oorval terwyl die grootmense ’n kerkdiens op Besondermeid bywoon. 32 Nama-kjeeners, hulle oppassers en honde word doodgemaak. Dieselfde God wat vir Dawid en Maria gegee het, vat vir Dammas en 31 anner Nama-kjeeners terug. En gee en terugvat is erger as steel. Dié stuk bied ’n Noord-Kaapse geskiedenis wat nie alombekend is nie. Met kwessies oor ma-wees, ouer-wees, geloof en ’n tragiese geskiedenis wat se letsels nou nog op Namakwaland se rug lê.
n Groot grys muur omhels ’n klein grys wêreld. Kleur is net ’n herinnering, ’n droom. Hier woon Geelgrommel en Blougrommel – die laaste kleure wat oor is. Toe kom daar ’n dag wat nie soos elke gewone grommerigegrommeldag lyk nie… Wat gebeur as teenoorgesteldes mekaar vind? En wat wag agter daardie muur? Kom saam op ’n speelse avontuur en ontdek hoe die natuur se kleure binne ons almal kan groei. Wenner van ’n Kanna vir Beste Aanbieding in Kinderteater
Buiten dat smaak verskil, is daar al menige argumente gevoer oor wat kuns is – laat staan nog góéie kuns! Die vriendskap van drie ou vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns. Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se vlymskerp Art is een van die suksesvolste komedies in eietydse teater. Dit is al in 20 tale vertaal en het onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys gewen. Dié produksie is bekroon met vyf Kanna-toekennings, onder meer vir beste produksie, beste ensemble, beste ontwerp en beste akteur
MOEDSWIL EN MUITERY , Cole Wessels as Stage and Production Manager
Die Hertzogpryswenner Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en private plesiertjies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om ’n verversingstasie te vestig. Blussing- Fermaak, ’n verstekeling op die skip, dreig om die sending te kaap en die skip na die Kongo te neem om van daar met slawe handel te dryf, of dalk ’n kruidenierskettingwinkel te open. Teatergangers kan hulle gereed maak vir ’n drama waarin alles nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Met Winterbach se eiesoortige humor en ’n rolverdeling met topakteurs onder spelleiding van Tinarie van Wyk Loots, is hierdie ’n hoogs vermaaklike teaterervaring. Nie vir die fynbesnaardes nie.
SEUN , Jean du Plessis as Stage Manager
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry- toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, selfonthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n poli tieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
CLICK ON THE LINK BELOW TO SEE THE FULL PROGRAM, AND BOOK YOUR TICKETS!
https://woordfees.co.za/program/