SUIDOOSTERFEES 2026 | Miché van Wyk, Cole Wessels, Jean du Plessis, Lisa Kukard, Jaryd Pillay image
Back

SUIDOOSTERFEES 2026

Miché van Wyk, Cole Wessels, Jean du Plessis, Lisa Kukard, Jaryd Pillay

The Suidoosterfees returns in 2026 with a vibrant celebration of creativity, culture, and community in the heart of Cape Town from 29 April to 3 May. This year’s theme is Home/Tuiste and explores ideas of belonging, identity, and connection, as the festival continues to champion inclusivity and accessibility while showcasing the very best of South African talent.
Now in its 23rd year, Suidoosterfees invites everyone to come home—to their khaya—where “home” is created through words, visual art, music, theatre, laughter, and thought-provoking conversations.
Audiences can look forward to a dynamic programme featuring theatre, music, dance, comedy, literature, and visual arts. From bold new voices to established performers, Suidoosterfees 2026 offers a platform where stories of home are shared, meaningful conversations are sparked, and diverse perspectives are celebrated.
As the festival expands to new venues, in Cape Town, it also marks the 55th anniversary of Artscape Theatre Centre and honours Adam Small, who would have turned 90 this year. It was here, at the Artscape, that his iconic Kanna hy kô hystoe was first performed. 
Whether engaging in deep conversation or sharing a koesister on a Sunday morning, we are all invited to come home—to our Suidoosterfees home.
Our multi-talented actors are involved in a range of productions, contributing as performers, as well as in various roles across the theatre landscape.
See below for a list of productions our actors are part of, along with details on when to see them:
LANGS DIE PAD UITSAK
Langs die pad uitsak MET Kayle Farmer & Giovanni Cloete SKRYWER Miché van Wyk REGIE AdriJo Waterboer
‘… en so het hulle uitgesak langs die pad’ – uit ‘Evangeliesasieverslag’ in Kitaar my kruis Almal is op ’n reis met ’n droom of bestemming voor oë, maar omstandighede buite ons beheer keer soms dat mense daar uitkom. In baie gemeenskappe is dit ’n groot prestasie om matriek te maak – ’n oomblik van trots vir ouers en gemeenskappe, en ’n bewys dat onderrig as ’n kosbare voorreg beskou word. Langs die pad uitsak ondersoek waarom onderrig noodsaaklik is, asook die struikelblokke wat jong mense verhinder om hul skoolloopbaan te voltooi.
2 Mei 14:15 & 20:15, 3 Mei 09:30 • Afr • ATKV Repteater • 30 min • Gratis

OUMA SLAAN 'N SES HEMEL TOE
Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds MET Veronique Jephtas TEKS Veronique Jephtas REGIE Lee-Ann van Rooi VERHOOGBESTUUR Cole Wessels 
Ouma slaan ’n ses hemel toe is ’n poëtiese rouklag oor ’n miskraam, vrugbaarheid, geloof en verlies. Deur metafore van getalle, politiek, familie en kos word skuld, liefde en wat kon wees onder die soeklig geplaas. Dit is ’n intieme gesprek met God oor ouerskap en die liggaam waar rou, reis en verbeelding mekaar vashou.
29 April 17:15, 30 April 15:45 & 20:15 • Kaaps • ATKV Repteater • Geen o. 13 T • 30 min • R50

CRYBABY
MET Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, Gantane Kusch & René Cloete TEKS & REGIE Carla Smith VERHOOGBESTUURDER Jean du Plessis 
’n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi en ondersteun deur Suidoosterfees, KKNK, Toyota Innibos, Vrystaat Kunstefees, Momentum Aardklop, Toyota Stellenbosch Woordfees, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) & die Jobs Fund Op ’n doodgewone oggend, by ’n doodgewone dagsorgsentrum, beleef die driejarige Samuel die onkeerbare verwoester van onskuld – die nuus. Hy verander in ’n oogwink: Van ’n doodgelukkige kind na ’n moeë volwassene, dekades verouder deur haglike hoofopskrifte, tragiese gebeure en die lot van die mensdom wat hopeloos te swaar is vir sy jong skouers om te dra. Hierdie absurde tragikomedie handel oor die tol wat dit eis om te lewe in ’n geldgierige wêreld waar alles in duie stort. Dit is terselfdertyd ’n liefdesbrief aan ’n mens se kinderjare en ’n herinnering aan die een waarheid wat elke volwassene weet: Grootword is nie kinderspeletjies nie.
30 April 10:00, 1 Mei 13:30 • Afr • kykNET Teater • 70 min • Geen o. 13 T • R180, R160, R140

DIE OLIFANT
MET Petrus du Preez, André Gerber, Antoni Schonken, Jeanne-Marié Koekemoer, Kelly April, Lisa Kukard, Mila Sobolewski & Signe Pietersen SKRYWERS André Gerber & ElanaMarié Snyman NA Sławomir Mrożek REGISSEUR, ONTWERP & POPPE ElanaMarié Snyman OORSPRONKLIKE MUSIEK & MUSIEKREGISSEUR Antoni Schonken BELIGTINGSONTWERP Rudolph van Jaarsveld VERHOOGBESTUUR Enrique de Villiers CHOREOGRAFIE Mila Sobolewski VERVAARDIGER Skepkamer In samewerking met die Universiteit Stellenbosch Dramadepartement
’n Direkteur van ’n dieretuin plaas sy eie ambisies bo die welsyn van sy diere wanneer hy ’n vals olifant van rubber skep om geld te spaar. ’n Swaan word weens openbare dronkenskap afgedank uit sy pos by die munisipale park. ’n Leeu weier om die Christene in die arena te eet – nie omdat hy vir hulle omgee nie, maar omdat hy vermoed hulle gaan binnekort aan bewind wees. ’n Wêreld van absurde burokrasie, arrogansie en die komiese nagevolge van misplaaste besluite.
2 Mei 17:30 & 20:30, 3 Mei 10:30 • Afr • P4, Hiddingh-kampus • 65 min • OB • R150

KINDERLê
MET Miché van Wyk, Theodore Jantjies, Lynette du Plessis & Damian Jacobs SKRYWER Lynthia Julius REGIE & ONTWERP Lee-Ann van Rooi BELIGTINGSONTWERP Alfred Rietmann KLANKBAAN Carl Julius CHOREOGRAAF Grant van Ster VERHOOGBESTUUR Charlene Colling PRODUKSIEHUIS BOSSIKOP ’n Ko-produksie van die Toyota Stellenbosch Woordfees & Suidoosterfees, ondersteun deur NATi, Festival Enterprise Catalyst (FEC) & die Jobs Fund.
’n Wrok, sê hulle, is ’n seer ding om te koester. Namas en Boesmans is mos vreedsame mense. Só teken die wit mense hulle op. Hulle baklei nie. Hulle gee af as daar moet afgegee word en hulle vat nie. Soos Hanna het Maria ’n kjeent by God gesmeek en God het gegee. Dawid en Maria is vir Dammas gegee. Op ’n Sondag in 1867 word hulle kamp, Nona-Ams, deur Boesmans oorval terwyl die grootmense ’n kerkdiens op Besondermeid bywoon. Twee-en-dertig Nama-kjeeners, hulle oppassers en honde word doodgemaak. Dieselfde God wat vir Dawid en Maria gegee het, vat vir Dammas en 31 anner Nama-kjeeners terug. En gee en terugvat is erger as steel.
1 Mei 16:00, 2 Mei 09:00 • Afr • Little Theatre, Hiddingh-kampus • 70 min • Geen o. 13 • R160, R140

CTCC @ SOF 1
AANBIEDER Jaryd Pillay HOOFKUNSTENAAR Keenan Cerf ONDERSTEUNING Candace Fortune OOP MIKROFOON Robin Dunlop
1 Mei 19:00 & 21:00 • Afr, Eng • POP24 Studio, Media24-gebou • Geen o. 13 T • 60 min • R150

GAT
AKTEURS Ilse Samuels & Miché van Wyk DANSERS Faroll Coetzee, Georgia Julies, Manon-Lee Saal, Druwayne Strauss & Keeanu Samuels TEKS Esmé Marthinus & Miché van Wyk MUSIEK Arnold Klassen REGIE & CHOREOGRAFIE Byron Klassen PRODUKSIEBESTUUR Oscar Langdown VERVAARDIGER Garage Dance Ensemble Woordtrofee-wenner: Beste dansgedrewe produksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees
Op ’n verweerde bakkie vertrek die ensemble op ’n emosionele reis deur beweging en teks wat die siel van ’n gemeenskap wat veg om te oorleef, ontbloot. Met treffende innovasie weef die groep ’n ritueel van klank, beweging, aarde en water wat die siklusse van skepping, vernietiging, geboorte en dood naspoor. Hierdie aangrypende opvoering eer die stories wat in die land vasgelê is en bied ’n diep resonerende besinning oor herinnering, veerkragtigheid en gedeelde identiteit.
30 April 20:00, 1 Mei 20:00, 2 Mei 20:00 • Parkeerterrein agter Artscape • 50 min • R150

Industry

Related Models

Jaryd Pillay image

Portfolios

Cole Wessels image

Portfolios

Miché Van Wyk image

Portfolios

Jean du Plessis image

Portfolios

Lisa Kukard image

Portfolios