Vlooi en die verlore Fossiel | Devonceia Swartz image
Back

Vlooi en die verlore Fossiel

Devonceia Swartz

Vlooi vind ‘n yslike dinosaurusbeen in hul tuin en voor jy kan sê “stegosaurus” swiep die towersleutel hulle weg na ‘n verlate eiland. Hier ontmoet Vlooi en Wilma die, effe deur die vere, pterodaktiel, Terry, wat vlug met die eiland se laaste Dino eier! Hulle is toe nie alleen op die verlate eiland nie. Hoe gemaak as jy nie ‘n Dino eier mag laat kraak? Wie of wat word uitgestal in die nare Professoor Fosselina Voetspoor se museum? Gaan Vlooi en Wilma ‘n Dino Happy Meal word? Trek aan jou stewels en jou safaripak en brul, want hierdie avontuur gaan jou van lekkerte laat ril!

Die Vlooi-span is weereens genomineer vir ‘n Kaapstadse Teatertoekenning.
Vervaardiger: Krazy Katz Produksiehuis (Marinda Engelbrecht & Margit Meyer-Rödenbeck)

Met: Minke Marais, Devonecia Swartz, Eldon van der Merwe, Kerscha Titus, Wian Taljaard

Teks: Ilne Fourie
Regie: De Klerk Oelofse
Musiek: Coenraad Rall
Choreografie: Carlia Greyling
Stelontwerp: Gaerin Hauptfleisch

Duration: 60min; no Interval
Age Restriction: Child friendly
Industry

Related Models

Devonecia Swartz image

Portfolios